Zimmatic-blog

Top 3 voordele van die gebruik van beheerpanele op jou spilpunte

08 Mei 2020

Top 3 voordele van die gebruik van beheerpanele op jou spilpunte

Die tradisionele benadering tot boerdery is al vir eeue lank die status quo. Boere sou moes staatmaak op visuele inspeksies om te weet presies wat aan die gang is in hulle lande en die bestuur van spilpunte het baie arbeid vereis. Is daar ‘n manier om hierdie ou praktyk te moderniseer? Daar is en hierdie oplossing kom in die vorm van slim beheerpanele.

Beheerpanele is al vir lank ‘n standaard komponent op spilpunte. Nuwe slim beheerpanele is egter besig om besproeiing te verander. Hierdie toestelle kan lei tot drastiese besparings in water, tyd en arbeid.

‘n Onlangse ​studie​ het bevind dat wanneer sekere beheerpanele op ‘n plaas gebruik word, daardie plase hulle besproeiing optimaliseer met amper 22%. ​Gevallestudies​ het ook al gewys dat plase wat slim beheerpanele gebruik gemiddeld ‘n 15-20% besparing in watergebruik toon. Dit is te danke aan die feit dat beheerpanele data in die veld gebruik om strategiese besproeiingsplanne te skep. Dit lei op sy beurt tot verhoogde opbrengs en uiteindelik, meer wins.

Aan die hand van die feite is ons daarvan oortuig dat slim beheerpaneel ‘n noodsaaklike stuk toerusting op enige plaas behoort te wees. Ons opinie is gegrond op die top 3 voordele wat die gebruik van hierdie panele vir boere inhou: (1) Hulle plaas ‘n boer in volle beheer van sy spilpunte, (2) Om die status van ‘n spilpunt te besigtig en data van daardie spilpunt te kry is vinnig en maklik, en (3) Hulle kan ou spilpunte moderniseer en sodoende ‘n boer se belegging vernuwe.

#1: Hulle gee vir jou volle beheer van jou spilpunte

Gewoonlik sal die spoed van spilpunte of die rigting waarin dit beweeg met die hand verander moes word. ‘n Klein span werkers sou bymekaar geroep moes word om die werking van die spilpunt aan te pas. Die proses is arbeidsintensief en tydrowend. Die spilpunt moet verder met die hand aan en afgeskakel word, wat beteken dat ‘n boer sy werkers ten minste twee keer ‘n dag moet uitstuur na die betrokke spilpunt om selfs die mees basiese dinge af te handel.

Slim beheerpanele verwyder die noodsaaklikheid van hierdie tipe menslike ingryping om die mees basiese funksies van ‘n spilpunt te aktiveer. Deur slim beheerpanele te gebruik kan boere die aan- en afskakel van hulle spilpunte outomatiseer. Dit is dus nie nodig dat werkers of die boer self na die spilpunt moet gaan om dit te doen nie.

Sodoende word arbeid gespaar en meer tyd word beskikbaar om op produktiewe wyses spandeer te word. Beheerpanele laat ‘n boer ook toe om die spoed, rigting en tipe besproeiing wat die spilpunt uitvoer te verander met die klik van ‘n knoppie. So wanneer ‘n boer wel self na sy spilpunte gaan, kan hy veranderinge maak op sy eie deur net ‘n knop te druk.

Beheerpanele kan verder deur slimfone of tablette bestuur word. So indien ‘n boer nie fisies beskikbaar is om na sy velde te kan gaan nie, kan hy steeds seker maak dat sy besproeiingsplanne vlot verloop vanaf enige plek in die wêreld.

#2: Boere kan die vordering van hulle spilpunte dophou, al is hulle nie op die plaas nie

‘n Verdere algemene probleem wat boere gereeld ervaar is dat hulle nie weet of hulle spilpunte probleme opgetel het totdat hulle fisies na die veld gaan nie. Ons besef dat boere dit geniet om na hulle lande te gaan, maar deur te weet wat in jou land aangaan as jy nie nou self daar kan wees nie help om onaangename verrassings uit te skakel. Indien ‘n spilpunt buite aksie was vir ‘n paar uur kan dit daartoe lei dat ‘n boer kosbare produksietyd verloor het, omdat hy nie vroeër reeds daarvan geweet het nie.

Slim beheerpanele bied ‘n oplossing. Te danke aan die nuutste tegnologie kan beheerpanele spilpunte konstant monitor. Indien daar enige probleme sou opduik wat daartoe lei dat die spilpunt gaan staan, sal die stelsel vir die boer per SMS laat weet daarvan. Dit sal ook net gebeur as die probleem van so aard is dat dit slegs met menslike ingryping reggestel kan word. As die paneel dit op sy eie kan uitsorteer, sal dit so gedoen word om te verseker dat amper geen tyd verlore gaan nie.

Deur ‘n beheerpaneel te gebruik sal ‘n boer presies weet wanneer om na sy veld te gaan as daar probleme is wat sy kundigheid vereis. Sodoende word bykans geen produksietyd verlore laat gaan as foute op die spilpunt plaasvind nie. Dit lei tot beter opbrengs en verhoogde wins.

Nuwer panele laat boere ook toe om data te trek vanaf sy toerusting van elke siklus wat voltooi is binne ‘n spesifieke tyd. Hierdie data is waardevol, aangesien dit vir boere kan help wanneer hulle besproeiingsplanne vir die volgende siklus uitwerk.

#3: Voeg slim-funksies by enige spilpunt, ongeag die ouderdom of maak daarvan

Sekere gehalte beheerpanele, soos die in die Zimmatic-reeks, kan op enige nuwe of ou spilpunte gevoeg word, ongeag hulle ouderdom of maak. ‘n Spilpunt wat dus vir jare reeds op ‘n plaas is kan “opgegradeer” word teen ‘n lae koste deur ‘n nuwe stuk tegnologie daaraan te koppel. Sodoende word die waarde van die plaas se belegging hernu.

Slim-funsksies wat beheerpanele bied is, byvoorbeeld, die kapasiteit om besproeiingsplanne te skeduleer. Met hierdie funksie kan boere vooraf bepaal wanneer ‘n spilpunt aangeskakel moet word en watter tipe siklus dit moet voltooi. Met die funksie benodig ‘n spilpunt selfs minder aandag van die boer, omdat die proses bykans heeltemal geoutomatiseer is.

Panele kan ook werk met gevorderde sagteware wat aanbevelings genereer en persoonlike besproeiingsplanne skep. Zimmatic-panele werk met FieldNET Advisor om data van ‘n boer se veld te versamel en te gebruik om betroubare besproeiingsplanne te skep. Die planne kan dan van ‘n selfoon of rekenaar af ingestel word op die toerusting op ‘n plaas, danksy die panele se koordlose werking.

Nuwe panele op die mark

Alhoewel daar min nuwe panele op die mark is, het Zimmatic die kuns van panele produseer al vervolmaak. Hulle is trots om aan te kondig dat hulle ‘n nuwe reeks beheerpanele het. Hierdie nuwe panele stel reeds die leidende tendense in die industrie. Die beheerpanele werk met van die nuutste tegnologie en is eenvoudig om te gebruik. Hulle is ontwerp met een doel: om jou plaas se besproeiing te optimaliseer.

Die nuwe panele is beskikbaar in drie modelle: die 500C, 700C en die 712C. Hierdie wye reeks opsies beteken dat daar ‘n paneel vir elke boer is. Al die panele kan die nuutste sagteware oor die lug ontvang en aflaai en kan ook met FieldNET werk.

Vir meer inligting oor hierdie nuwe beheerpanele, klik ​hier​. Op die webtuiste kan jy jou naaste Zimmatic-handelaar vind. Alternatiewelik kan jy vir Lindsay Africa bel op 021 986 8900.