Meer oor Lindsay

Ons brei ons wêreld se potensiaal uit.

Internasionale groei kom met unieke uitdagings en opwindende vooruitsigte. By Lindsay innoveer ons en brei ons die wêreld se potensiaal uit deur gevorderde besproeiings-, infrastruktuur- en nywerheidstegnologie-oplossings te bied wat almal bevoordeel – sodat die wêreld se bevolking veilig en volhoubaar kan groei. Vir ons is elke dag ’n kans om probleme in geleenthede te omskep wat ’n werklike verskil maak.

Wie is ons

Ons brei ons wêreld se potensiaal uit.
Meer oor Lindsay

Ontdek ons klanteerste-oplossings.

Besproeiing

Ons veldbewese oplossings ­– van bekroonde afstandsmonitering en -beheer tot toonaangewende besproeiingstelsels – word aangepas om aan die behoeftes van elke produsent of landbouadviseur te voldoen.

Vind meer uit

Infrastruktuur

Lindsay wil graag buigsame, volhoubare infrastruktuuroplossings aan padowerhede en -kontrakteurs bied wat die veiligheid van ons paaie en die manier waarop mense daarop beweeg, verbeter.

Vind meer uit

Ons geskiedenis is gewortel in innovasie.

Lindsay was eers ’n klein bedryf in die landelike Amerikaanse Midde-Weste, maar is nou ’n internasionale mag in besproeiing en infrastruktuur.

1950’s

1950’s

Ons stigter, Paul Zimmerer, begin in 1955 ’n landboutoerusting-besigheid Lindsay, Nebraska, VSA, met die eerste suksesvolle sleeplynbesproeiing vir onegalige landerye. Snoline™, tans ’n Lindsay-maatskappy, begin ook om dieselfde tyd padveiligheid-produkte vervaardig.

1960’s

1960’s

Ons eerste Zimmatic-spilpunt – ontwerp en gebou deur Zimmerer se kinders – begin werk op ’n plaas in Nebraska. Die spilpunt werk vandag nog!

1970’s

1970’s

Ons ontvang patente vir ons Uni-Knuckle-gewrig en eie eksterne versamelring om Zimmatic-stelsels ’n mededingende voordeel te gee. Hierdie kenmerke dra steeds by tot die toonaangewende prestasie, sterkte en langwerkende duursaamheid van ons spilpunt en laterale stelsels.

1980’s

1980’s

Ons stel ons revolusionêre Zimmatic 9500P-spilpunt bekend asook ons R-MAC- (Remote Monitor and Alarm Control) stelsel wat vir die eerste keer rekenaartegnologie gebruik sodat spilpunte met mekaar kan “praat”. Die eerste Road Zipper-stelsel begin in 1984, wat nog ’n groot mylpaal is.

1990’s

1990’s

Ons stel AIMS- (Automated Irrigation Management System) beheerpanele bekend waarmee produsente water-, kunsmis- en chemiese toediening presies programmeer – wat herhaalde ritte na landerye uitskakel.

2001

2001

Ons verhuis na ons huidige hoofkantoor in Omaha, Nebraska, en rig Lindsay Europe op met die verkryging van Perrot-oprolslang-besproeiingstelsels.

2002

2002

Ons rig Lindsay Brasilië en Lindsay Suid-Afrika op, om ons internasionale teenwoordigheid uit te brei.

2006

2006

Ons stel ons bekroonde FieldNET®-tegnologie bekend om aan produsente afstandsmonitering en -beheer-vermoëns te bied. Ons brei ook uit na infrastruktuur met die verkryging van Barrier Systems® en Snoline.

2007

2007

Ons vier die 100 000e spilpunt verskeep.

2009

2009

Ons verkry spoorstrukture en sinjale en maak ’n fabriek in China oop om Lindsay se internasionale teenwoordigheid beter te ondersteun.

2011

2011

Ons verkry Precision Irrigation in Nieu-Seeland en IRZ Consulting om aan produsente verbeterde, doeltreffende, volhoubare oplossings te bied.

2015

2015

The Road Zipper System word geïnstalleer op San Francisco se die Golden Gate-brug – ’n mylpaal vir die produk; ons skaf Elecsys Corporation aan, wat Lindsay ’n leier op die gebied van IIoT (industrial internet of things) maak.

2017

2017

FieldNET® Advisor word opgerig, wat ons besproeiingsbestuurstegnologie verder verbeter.

2019

2019

Ons vier die 50e bestaansjaar van ons eerste Zimmatic-spilpunt.

Besoek ons persafdeling vir die jongste nuus.

Lindsay Unlocks Customized Crop Water Usage Insights for all FieldNET™ Customers

19 Aug. 2020

Lindsay Corporation (NYSE: LNN), a leading global manufacturer and distributor of irrigation and infrastructure equipment and technology, today announced the launch of FieldNET with WaterTrend, a powerful new feature that gives growers critical crop water usage insights to aid in effective and efficient irrigation decision-making.

Read more »

Lindsay Corporation Awarded Highways England Contract

16 Mrt. 2020

Lindsay Corporation (NYSE: LNN), through its wholly owned subsidiary Lindsay Transportation Solutions, LLC, today announced it has been awarded a contract from Highways England for supply of a Movable Barrier System for use in Kent, United Kingdom.

Read more »

Lindsay Corporation Launches ABSORB-M Crash Cushion System

29 Aug. 2019

Lindsay Corporation (NYSE: LNN), a leading global manufacturer and distributor of irrigation and infrastructure equipment and technology, has announced the launch of its ABSORB-M, a new, non-redirective, water-filled crash cushion system. 

Read more »

Vind Lindsay regoor die wêreld.

Vind Lindsay regoor die wêreld.

Ons internasionale netwerk bestaan uit vervaardigingsfasiliteite, handelaars en verspreiders regoor die wêreld. Die netwerk bied besproeiings-, infrastruktuur- en nywerheidstegnologie-innovering wat oral ’n verskil maak.

Kyk liggings