Gebruiksbepalings

GEBRUIKSBEPALINGS

1. AANVAARDING VAN BEPALINGS.

U gebruik van enige van die Lindsay Corporation-webwerwe (gesamentlik die “Werwe”), dienste en/of produkte (gesamentlik die “Dienste”) is onderhewig aan hierdie gebruiksbepalings-ooreenkoms (die “Gebruiksbepalings-ooreenkoms”). AS U DIE DIENSTE BEKYK, DAARDEUR BLAAI OF DIT GEBRUIK (gesamentlik “Gebruik”) WORD DAAR AANGENEEM DAT U HIERDIE GEBRUIKSBEPALINGS-OOREENKOMS AANVAAR EN DAT U INSTEM OM DEUR HIERDIE GEBRUIKSBEPALINGS-OOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE GEBRUIK VAN DIE DIENSTE GEBIND TE WEES. INDIEN U NIE DEUR HIERDIE GEBRUIKSBEPALINGS-OOREENKOMS GEBIND WIL WEES NIE, MOENIE DIE DIENSTE GEBRUIK NIE.

2. WYSIGINGS AAN DIE GEBRUIKSBEPALINGS-OOREENKOMS.

Lindsay mag hierdie Gebruiksbepalings-ooreenkoms wysig na eie goeddunke. Elke keer wat hierdie Gebruiksbepalings-ooreenkoms gewysig word, sal die gewysigde Gebruiksbepalings-ooreenkoms op die Lindsay-tuisblad geplaas word. As u voortgaan om die dienste te gebruik nadat ’n gewysigde Gebruiksbepalings-ooreenkoms geplaas is, beteken dit dat u sodanige wysigings en die gewysigde Gebruiksbepalings-ooreenkoms aanvaar. Kontroleer af en toe hierdie bladsy vir die jongste Gebruiksbepalings-ooreenkoms.

6. DIENSTEMATERIAAL.

A. U stem as volg in:

  • Gebruik (of probeer Gebruik) die Dienste slegs via skerms wat deur Lindsay voorsien word; en
  • Gebruik (of probeer Gebruik) die Dienste slegs volgens die instruksies in enige robots.txt-lêer in die Dienste

U stem in om nie die Dienste vir die volgende te gebruik nie:

  • om aktiwiteite uit te voer wat hierdie Gebruiksbepalings-ooreenkoms skend of wat onregmatig, skadelik, dreigend, beledigend, teisterend, martelend, lasterlik, vulgêr, onwelvoeglik, indringend van ’n ander se privaatheid, haatlik, of rassisties, etnies of andersins aanstootlik is;
  • om gebruikers op enige manier te benadeel of te dreig;
  • om minderjariges op enige manier te benadeel of te dreig;
  • om enige persoon of entiteit te agtervolg of teister;
  • om enige persoon of entiteit te verpersoonlik of ’n wanvoorstelling maak van u verbintenis met ’n persoon of entiteit;
  • om vervalste kode te gebruik of identifiseerders andersins te manipuleer om die oorsprong van enige inhoud wat via die dienste oorgedra word, te verdoesel;
  • om enige patent, handelsmerk, handelsgeheim, outeursreg of ander eiendomsregte (die “Regte”) van enige party te skend;
  • om aktiwiteite uit te voer wat moontlik die funksionaliteit van die Dienste of van enige rekenaarsagteware of -hardeware of telekommunikasie-toerusting kan onderbreek, vernietig of inperk;
  • om die normale vloei van dialoog te ontwrig of optree op ’n manier wat ander gebruikers se vermoë om intyds te kommunikeer, negatief beïnvloed;
  • om met die Dienste of bedieners of netwerke wat aan die Dienste gekoppel is, in te meng of dit te ontwrig, of nie aan enige vereistes, prosedures, beleide of regulasies van netwerke wat aan die diens gekoppel is, gehoor te gee nie;
  • om enige toepaslike plaaslike, deelstaats-, nasionale of internasionale wetgewing en enige regulasies wat wetlike krag het, opsetlik of onbedoeld te skend;
  • om die Dienste te gebruik om te adverteer of kommersiële werwing uit te voer;
  • om wesenlike ondersteuning of hulpbronne te voorsien (of om die aard, ligging, bron of eienaarskap van wesenlike ondersteuning of hulpbronne te verberg of te verbloem) aan enige organisasie(s)wat ingevolge artikel 219 van die VSA se Wet op Immigration and Nationality Act deur die VSA-regering as ’n buitelandse terroriste-organisasie beskou word; en/of
  • om persoonlike data oor ander gebruikers in te samel of te bewaar in verband met verbode optrede en aktiwiteite soos uiteengesit in die paragrawe hier bo.

B. U erken, stem in en stem saam dat Lindsay toegang tot u rekeninginligting (indien sodanige inligting bestaan) mag kry, dit mag bewaar en mag bekend maak indien die wet of ’n goeder trou mening vereis dat sodanige toegangsbewaring of bekendmaking redelikerwys noodsaaklik is vir die volgende: (a) om aan regsproses te voldoen; (b) om hierdie Gebruiksbepalings-ooreenkoms te handhaaf; (c) om te reageer op eise dat enige van u dade die regte van derde partye skend; (d) om op u versoeke vir klantediens te reageer; of (e) om die regte, eiendom of persoonlike veiligheid van Lindsay, sy gebruikers en die publiek te beskerm.

9. DATA-OORDRAG TUSSEN DEELSTATE

U verstaan dat die tegniese verwerking en oordrag van die Dienste, insluitend u Inhoud, moontlik die volgende kan behels: (a) oordrag oor verskeie netwerke; en (b) wysigings ter wille van en om aan te pas by tegniese vereistes om netwerke of toestelle te koppel.

U verstaan dat die Dienste en sagteware wat in die Dienste vervat is, moontlik sekuriteitskomponente kan bevat wat maak dat digitale materiaal beskerm word, en dat die gebruik van sodanige materiaal onderhewig is aan gebruiksreëls van Lindsay en/of inhoudverskaffers wat inhoud aan die Dienste lewer. U mag nie probeer om enige van die gebruiksreëls wat in die Dienste vervat is, te omseil nie. Enige ongemagtigde reproduksie, publikasie, verdere verspreiding of publieke vertoon van die materiale wat in die Dienste gelewer word, hetsy geheel of gedeeltelik, is streng verbode.

Deur tot hierdie Gebruiksbepalings-ooreenkoms in te stem, erken u dat die gebruik van die Dienste kan lei tot oordrag tussen deelstate weens Lindsay se netwerkargitektuur, besigheidspraktyke en die manier waarop elektroniese kommunikasie verwerk word.

10. INTERNASIONALE GEBRUIK

U erken die internasionale aard van die internet en stem dus in om alle plaaslike reëls oor aanlyn gedrag en aanvaarbare inhoud na te kom. U stem spesifiek in om te voldoen aan alle toepaslike wette oor die oordrag van tegniese data wat uit die VSA of die land waarin u woon, uitgevoer word.

11. VRYWARING

U stem in om Lindsay en sy geaffilieerdes, filiale, beamptes, agente, werknemers, vennote en lisensiegewers te vrywaar en skadeloos te stel teen enige eis, insluitende redelike prokureursfooie, deur enige derde party as gevolg van of voortspruitend uit u gebruik of misbruik van die Dienste, u skending van die Gebruiksbepalings-ooreenkoms, of u skending van enige regte van andere.

12. GEEN HERVERKOOP VAN DIENSTE NIE

U stem in om nie enige gedeelte van die Dienste te reproduseer, dupliseer, kopieer, verkoop, verhandel, herverkoop of benut vir enige kommersiële doeleindes nie.

13. WYSIGINGS AAN DIENS

Lindsay mag die Dienste (of enige deel daarvan) tydelik of permanent wysig of staak, met of sonder kennisgewing. U stem in dat Lindsay nie teenoor u of enige derde party aanspreeklik sal wees vir enige wysiging, opskorting of beëindiging van die Dienste nie.

14. BEËINDIGING

U stem saam dat Lindsay onder sekere omstandighede en sonder vooraf kennisgewing toegelaat sal word om u toegang tot die Dienste onmiddellik te beëindig. Moontlike oorsaak vir sodanige beëindiging sluit onder andere die volgende in: (a) skendings of oortredings van die Gebruiksbepalings-ooreenkoms of ander ingelyfde ooreenkomste of riglyne, (b) versoeke deur wetstoepassers of ander regeringsagentskappe, (c) ’n versoek deur u, (d) beëindiging of wesenlike wysiging van die Dienste (of enige deel daarvan), (e) onverwagte tegniese of sekuriteitsprobleme, (f) lang tydperke van onaktiwiteit, (g) u betrokkenheid by bedrieglike of onwettige aktiwiteite, en/of (h) niebetaling van die gelde wat u in verband met die Dienste verskuldig is. Beëindiging behels die volgende: (a) verwydering van toegang tot alle aanbiedinge binne die Dienste en (b) blokkering van verdere gebruik van die Dienste. Voorts stem u in dat alle beëindigings vir oorsaak volgens Lindsay se goeddunke sal wees en dat Lindsay nie teenoor u of enige derde party aanspreeklik sal wees vir enige beëindiging of toegang tot die Dienste nie.

15. ADVERTEERDERS

U korrespondensie of besigheidshandel met of deelname aan promosies van adverteerders in of via die Dienste, insluitend betaling en aflewering van verwante goedere of dienste, en enige ander bepalings, voorwaardes, waarborge of voorstellings wat met sodanige transaksies verband hou, is uitsluitlik tussen u en sodanige adverteerder. U stem in dat Lindsay nie verantwoordelik of aanspreeklik sal wees vir enige verlies of skade van enige aard as gevolg van sodanige handel of die teenwoordigheid van sodanige adverteerders op die Dienste nie.

16. SKAKELS

Die Dienste of derde partye kan moontlik skakels na ander webwerwe of hulpbronne voorsien. Aangesien Lindsay geen beheer oor sodanige webwerwe en hulpbronne het nie, erken u en stem u in dat Lindsay nie verantwoordelik is vir die beskikbaarheid van sulke eksterne webwerwe of hulpbronne nie, dit ook nie onderskryf nie en nie verantwoordelik of aanspreeklik is vir enige inhoud, advertensies, produkte of ander materiale op of via sodanige webwerwe of hulpbronne nie. U erken verder en stem in dat Lindsay nie verantwoordelik of aanspreeklik is nie, hetsy direk of indirek, vir enige skade of verlies wat veroorsaak word of na bewering veroorsaak word deur of in verband met die gebruik van of staatmaak op sodanige inhoud, goedere of dienste wat in of via sodanige werf of hulpbron beskikbaar is nie.

17. VRYWARING VAN WAARBORGE U VERSTAAN EN STEM UITDRUKLIK IN TOT DIE VOLGENDE:

U GEBRUIK VAN DIE DIENSTE EN INHOUD IS OP U ENIGE RISIKO. DIE DIENSTE EN DIE INHOUD WORD “VOETSTOOTS” EN “MITS BESKIKBAAR” VOORSIEN. LINDSAY EN SY GEAFFILIEERDES, FILIALE, BEAMPTES, WERKNEMERS, AGENTE, VENNOTE EN LISENSIEGEWERS ONTKEN UITDRUKLIK ALLE WAARBORGE VAN ENIGE AARD, HETSY UITDRUKLIK OF IMPLISEER, WAARONDER ONDER ANDERE DIE GEÏMPLISEERDE WAARBORG VAN VERHANDELBAARHEID, GESKIKTHEID VIR ’N SPESIFIEKE DOEL EN NIESKENDING.

LINDSAY EN SY GEAFFILIEERDES, FILIALE, BEAMPTES, WERKNEMERS, AGENTE, VENNOTE EN LISENSIEGEWERS GEE GEEN WAARBORG AS VOLG NIE: (i) DAT DIE DIENSTE, INHOUD, OF ANDER MATERIALE WAT DEUR U GEKOOP OF VERKRY WORD UIT DIE DIENSTE OF OP DIE WERF AAN U VEREISTES SAL VOLDOEN, ONONDERBROKE, TYDIG, BEVEILIG, FOUTLOOS SAL WEES OF AKKURAAT OF BETROUBAAR SAL WEES; (ii) DAT DIE GEHALTE VAN DIE DIENSTE, INHOUD, OF ANDER MATERIALE WAT DEUR U GEKOOP OF VERKRY WORD UIT DIE DIENSTE AAN U VERWAGTINGE SAL VOLDOEN; EN (iii) DAT ALLE FOUTE IN DIE DIENSTE (INSLUITEND ENIGE PROGRAMME) GEKORRIGEER SAL WORD.

ENIGE MATERIAAL WAT OPGELAAI, OORGEDRA OF AFGELAAI WORD VAN DIE DIENSTE, WAARONDER ONDER ANDERE INHOUD, LÊERS, OF SAGTEWARE, OF MATERIAAL WAT ANDERSINS DEUR DIE GEBRUIK VAN DIE DIENSTE VERKRY WORD, WORD GEBRUIK EN/OF BEKYK VOLGENS U GOEDDUNKE EN RISIKO; EN LINDSAY EN SY GEAFFILIEERDES, FILIALE, BEAMPTES, WERKNEMERS, AGENTE, VENNOTE EN LISENSIEGEWERS ONTKEN UITDRUKLIK ENIGE EN ALLE AANSPREEKLIKHEID VIR SKADE, WAARONDER ONDER ANDERE SKADE AAN ENIGE REKENAARSTELSEL OF VERLIES VAN DATA, WEENS DIE GEBRUIK VAN DIE DIENSTE OF DIE OPLAAI, PLASING, OORDRAG OF AFLAAI VAN INHOUD, LÊERS, OF SAGTEWARE OF ANDER MATERIAAL WAT ANDERSINS VIA GEBRUIK VAN DIE DIENSTE VERKRY WORD.

GEEN ADVIES OF INLIGTING NIE, HETSY MONDELING OF GESKREWE, WAT U BY LINDSAY OF VIA DIE DIENSTE VERKRY WROD, SAL ENIGE WAARBORG TOT STAND BRING WAT NIE UITDRUKLIK IN DIE GEBRUIKSBEPALINGS-OOREENKOMS STAAN NIE.

’N KLEIN PERSENTASIE VAN GEBRUIKERS KAN MOONTLIK EPILEPTIESE TOEVALLE ERVAAR WANNEER BLOOTGESTEL AAN SEKERE LIGPATRONE OF AGTERGRONDE OP ’N REKENAARSKERM OF TERWYL DIE DIENSTE GEBRUIK WORD. SEKERE TOESTANDE KAN MOONTLIK VOORHEEN ONBESPEURDE EPILEPTIESE SIMPTOME TOT GEVOLG HÊ, SELFS IN GEBRUIKERS WAT GEEN GESKIEDENIS VAN VORIGE TOEVALLE OF EPILEPSIE HET NIE. INDIEN U OF ENIGIEMAND IN U FAMILIE ’N EPILEPTIESE TOESTAND HET, RAADPLEEG U DOKTER VOORDAT U DIE DIENSTE GEBRUIK. STAAK ONMIDDELLIK GEBRUIK VAN DIE DIENSTE EN RAADPLEEG U DOKTER INDIEN U ENIGE VAN DIE VOLGENDE SIMPTOME ERVAAR TERWYL U DIE DIENSTE GEBRUIK: DUISELIGHEID, VERANDERDE SIG, OOG- EN SPIERTREKKINGS, VERLIES AAN GEWAARWORDING, DISORIËNTERING, ENIGE ONWILLEKEURIGE BEWEGING, OF STUIPE.

18. INPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID

U VERSTAAN EN STEM UITDRUKLIK IN DAT LINDSAY, SY GEAFFILIEERDES, FILIALE, BEAMPTES, WERKNEMERS, AGENTE, VENNOTE EN LISENSIEGEWERS NIE TEENOOR U AANSPREEKLIK IS VIR ENIGE DIREKTE, INDIREKTE, INSIDENTELE, SPESIALE, GEVOLGLIKE OF UITSONDERLIKE SKADE NIE, WAARONDER ONDER ANDERE SKADE VIR VERLIES VAN WINS, KLANDISIEWAARDE, GEBRUIK, DATA OF ANDER ONTASBARE VERLIESE (SELFS AS LINDSAY OOR DIE MOONTLIKHEID VAN SODANIGE SKADE VERWITTIG IS), WEENS: (i) DIE GEBRUIK VAN OF ONVERMOË OM DIE DIENSTE TE GEBRUIK; (ii) DIE KOSTE VAN VERKRYGING VAN VERVANGENDE GOEDERE EN DIENSTE WEENS ENIGE GOEDERE, DATA, INLIGTING OF DIENSTE WAT GEKOOP OF VERKRY IS OF BOODSKAPPE WAT ONTVANG IS OF TRANSAKSIES WAT AANGEGAAN IS DEUR OF UIT DIE DIENSTE; (iii) ONGEMAGTIGDE TOEGANG TOT OF VERANDERING VAN U OORDRAGTE OF DATA; (iv) VERKLARINGS DEUR OF OPTREDE VAN ENIGE DERDE PARTY IN DIE DIENSTE; (v) ENIGE ANDER SAAK WAT MET DIE DIENSTE VERBAND HOU.

19. UITSLUITINGS EN INPERKINGS

SEKERE JURISDISKSIES LAAT NIE TOE DAT SEKERE WAARBORGE UITGESLUIT WORD OF DAT AANSPREEKLIKHEID VIR INSIDENTELE OF GEVOLGLIKE SKADE INGEPERK OF UITGESLUIT WORD NIE. VERVOLGENS HET SEKERE VAN BOGENOEMDE BEPERKINGE VAN AFDELINGS 17 EN 18 MOONTLIK NIE OP U BETREKKING NIE.

20. GEEN DERDEPARTY-BEGUNSTIGDES NIE

Hierdie Gebruiksbepalings-ooreenkoms is nie afdwingbaar deur of vir die voordeel van enige derde party nie.

21. HANDELSMERKE

U stem in dat u nie sonder Lindsay se vooraf toestemming enige van Lindsay se handelsmerke sal vertoon of gebruik nie.

22. ALGEMENE INLIGTING

Hele ooreenkoms. Die Gebruiksbepalings-ooreenkoms vorm die volledige ooreenkoms tussen u en Lindsay en reël u gebruik van die Dienste, en vervang alle vorige ooreenkomste tussen u en Lindsay met betrekking tot die Dienste. U kan ook moontlik onderworpe wees aan bykomende bepalings en voorwaardes wat moontlik op u van toepassing kan wees wanneer u sekere Lindsay-dienste, geaffilieerdes se dienste, derdeparty-inhoud of derdeparty-sagteware gebruik of koop.

Keuse van reg en forum. Die Gebruiksbepalings-ooreenkoms en die verhouding tussen u en Lindsay word beheer, vertolk en toegepas in ooreenstemming met die wette van die deelstaat Nebraska, sonder inbegrip van voorsienings vir botsing van wetgewing. U en Lindsay stem in om u te onderwerp aan die persoonlike en eksklusiewe jurisdiksie van die howe in Douglas County, Omaha, Nebraska.

Vooruitskouende verklarings. Die werwe kan moontlik vooruitskouende verklarings bevat binne die bestek van die VSA se Private Securities Litigation Reform Act van 1995. Sodanige vooruitskouende verklarings kan moontlik verklarings bevat oor markverwagtinge en -geleenthede, verwagtinge oor finansiële state, navorsing en ontwikkeling en strategieë, uitsprake oor Lindsay se toekomsplanne, markaandeeltoename, en produk- en diensontwikkeling en -inleiding, en ons deurlopende evaluering van die mededingendheid van ons produk- en diensaanbieding. Hierdie vooruitskouende verklarings is slegs voorspellings en hou risiko’s en onsekerheid in. Werklike resultate kan wesenlik verskil van die resultate wat in die vooruitskouende verklarings bespreek word. Faktore wat sodanige verskil kan veroorsaak, sluit in risiko’s verwant aan ongunstige veranderinge in algemene ekonomiese toestande, versuim om koste te verminder, ’n gebrek aan sukses in tegniese vooruitgang, tydige ontwikkeling, produksie en aanvaarding van nuwe produkte en dienste, en Lindsay se vermoë om in ’n hoogs mededingende en vinnig veranderende mark mee te ding. Vir ’n omvattende lys van die potensiële faktore wat Lindsay se besigheid kan affekteer en hierdie vooruitskouende verklarings, raadpleeg Lindsay se periodieke rapporte op vorms 10-Q en 10-K by die VSA se Securities and Exchange Commission.

Afstanddoening. Versuim van Lindsay om enige reg of voorsiening van die Gebruiksbepalings-ooreenkoms uit te oefen of af te dwing of verbreking van hierdie Gebruiksbepalings-ooreenkoms deur u, is nie ’n afstanddoening van sodanige reg of voorsiening nie.

Skeibaarheid. Indien enige voorsiening van hierdie Gebruiksbepalings-ooreenkoms onafdwingbaar is, sal sodanige voorsiening verander word en geïnterpreteer word om die doelstellings van sodanige voorsiening tot die grootste mate moontlik te maak ingevolge toepaslike wetgewing, en die oorblywende voorsienings van hierdie Gebruiksbepalings-ooreenkoms sal volledig van krag bly.

Statuut van beperkings. U stem in dat, ongeag enige statuut of wet tot die teendeel, enige eis of oorsaak van saak wat voortspruit uit of verwant is aan die gebruik van die Dienste of die Gebruiksbepalings-ooreenkoms ingedien moet word binne een (1) jaar nadat sodanige eis of saak ontstaan het, anders word dit vir ewig belet.

Afdelingsopskrifte. Die afdelingsopskrifte van die Gebruiksbepalings-ooreenkoms is bloot vir gerief en het geen wettige of kontraktuele effek nie.

23. SKENDINGS

Rapporteer asseblief alle skendings van hierdie Gebruiksbepalings-ooreenkoms aan die volgende:

Lindsay Corporation
Attention: General Counsel
2222 N. 111th Street
Omaha, NE 68164, VSA

INGANGSDATUM: 13 November 2008