Spesialiteitsprodukte

 

Pasgemaakte oplossings. Ultrabetroubare werkverrigting.

Wanneer dit by landboubesproeiing kom, sit ons altyd hand by om voortreflike presisie en werkverrigting te verseker. Ons pasgemaakte vervaardiging- en buiswerk-oplossings van hoë gehalte help om die potensiaal van elke veld, bedryf en besproeiingstelsel van die meet af uit te brei. Vind uit hoe ons spesialiteitsprodukte u kan help.

 
Pasgemaakte oplossings. Ultrabetroubare werkverrigting.
Kontrakvervaardiging

Kontrakvervaardiging

Danksy ons volledige reeks vervaardigingsvermoëns, van vervaardiging tot sweiswerk en masjinering, kan ons u uitgekontrakteerde vervaardigingsbehoeftes van begin tot einde hanteer. Boonop het ons vervaardigingsvennootskappe met baie groot OEM’s.

Kommersiële buiswerk

Kommersiële buiswerk

Ons staalbuiswerk word vervaardig met die Thermatool®- hoëfrekwensie elektriese weerstandsweisproses om die strengste gehalteversekering te handhaaf. Daarbenewens het ons ’n hoëkapasiteit-warmgalvanisingsfasiliteit en voorraadmateriaal vir die vervaardiging van buiswerk met ’n G90-voorafgegalvaniseerde afwerking. Ons buiswerk oortref bedryfstandaarde vir gehalte en werkverrigting, insluitend deursnee en ovaalheid, wat dit ideaal maak vir robottoepassings. Wat ook al u buisbehoeftes – ons kan ’n produk volgens u spesifikasies ontwerp. Altyd betyds. Altyd daar.

KYK BROSJUREKYK BIEDINGSBLAD

Wil u meer uit vind oor ons spesialiteitsprodukte?

Wil u meer uit vind oor ons spesialiteitsprodukte?

Ons handelaarsnetwerk en span verspreiders is daar om u te help om die regte oplossings vir u besproeiingstelsel en algehele werksaamhede te vind.

Kontak ons